Algemene Vrae

Inligting – Algemene Vrae

Is dit veilig so naby Botswana grens?

Ja, dit is! Daar is altyd ‘n eerste keer, maar ons het nog geen gevalle gehad waaroor ons onrustig moes raak nie!

Is die water veilig om te drink?

Ja, dit is! Daar word water voorsien uit ‘n boorgat op die plaas, en dit word direk in ‘n skoon tenk gepomp waarvandaan die huise hul watervoorsiening kry. Indien u nie gerus voel nie, is daar 'n winkel op die plaas waar drinkwater in 500ml-botteltjies gekoop kan word.

Mag ons gesinne saamkom, en mag ons fietse en motorfietse saambring?

Gesinne en veral kinders is altyd welkom. Die plaas is veilig vir hulle om te beweeg en waarlik kind te wees. Voëlbesigtiging, stap, fietsry, draf, en selfs ‘n wandeling in die veld self, is toelaatbaar. Ons laat egter nie motorfietse toe nie, aangesien dit die wild verwilder, en ons paaie goed in stand gehou word teen hoë kostes. Dit is ook steurend vir dié wat rus en vrede vir ‘n naweek of langer kom opsoek.

Mag die kinders windbukse en ketties bring om voëls te skiet?

Ja, maar daar mag net geskiet word op die spesies wat vooraf bepaal word en net waar die bestuur dit toelaat. GEEN skote mag in en om die jagkamp geskiet word nie, nie eers met ‘n kettie nie. GEEN groter kaliber gewere word toegelaat nie!!

Mag die kinders die beeskraal besoek en  trekker- en/of donkiekar ritte onderneem? 

Ja, met graagte. Die bestuur moet net TE ALLE tye bewus wees van waar die kinders beweeg, en moet vooraf toestemming verkry vir die besoek en gebruik van die geriewe.

Mag ons wildsritte neem met ons eie voertuie?

Ja, daar mag net glad nie in die plaas gery word tydens ‘n jagsessie nie, en nie voor sonsopkoms of na sonsondergang nie. Daar mag ook nie van die paaie afgewyk word nie en net 40km per uur mag gehandhaaf word.

Mag ek “walk ‘n stalk” sonder ‘n gids by my?

Indien u kan bewys dat u voorheen gejag het en ‘n etiese jagter is, is u welkom om u vernuf te kom toets.

Hoe verseker ek my jagdatum en bespreking?

‘n Bewys van inbetaling van u deposito, sal u datum en bespreking verseker. Die deposito bestaan uit die volle somtotaal van dagfooie van alle jagters wat daardie datum kom jag, vir die volle duur van verblyf.  ‘n Bevestiging van bespreking sal dan aan u gestuur word per e-pos.

 

Pryslys en Besprekingsvorm