Slaggeriewe

Daar is slaggeriewe opgerig waar wild dadelik geslag en verkoel word en vleis kan ook gevries word indien verkies. Vleisverwerking is beskikbaar teen ‘n koste per kilogram aan die haak, of u kan self u vleis verwerk teen ‘n daaglikse fooi vir die gebruik van die geriewe. Reël asseblief, met bespreking, indien u u vleis verwerk sou wou hê.

Meer fotos  

Lapa

Die lapa is toegerus met 'n yskas, potte, driepote, braairoosters, tafels, stoele en hout.

Meer fotos  

Jaghuise

Die twee huisies het 4 slaapkamers en 1 badkamer elk. Een kamer het ‘n dubbelbed, twee het een enkelbed elk en die 4de kamer het 2 enkelbeddens. Die kamp beskik oor alle geriewe, ‘n volledig toegeruste kombuis, en kamers, en het warm en koue lopende water. Daar is spoeltoilette en storte. Daar is elektrisiteit. (Bring net u eie handdoeke en kos en drinkgoed!)

Meer fotos