Waarom Buffelsdoorn?

Ons doelwit is: om vir die boogjagters in Suid-Afrika ‘n geleentheid te bied om teen bekostigbare pryse ‘n jagervaring te beleef wat hy of sy nie gou sal vergeet nie. Kom waardeer die natuur, deur net stil te raak en een te word daarmee. Marius, self ‘n boogjagter, bied u ‘n geleentheid om die ervaring daarvan te deel. Daar is so min plekke oor waar u net sommer kan ontspan en die volle plaaslewe kan ervaar. Kinders en families is meer as welkom, en daar sal geleenthede wees om die plaaslewe van naderby te beleef.

 

Pryslys en Besprekingsvorm